Die Paarl en Wellington bied ‘n unieke ervaring in die wynlande. Hierdie historiese dorpe is on ondekte skatte in die hart van die wynlande vir toeriste.
Al is dit ook hoog seisoen, is Paarl en Wellington minder besig as ander historiese dorpe. Die dorpe bied goeie kos, heerlike wyn en aktiwiteite vir die hele gesin. ‘n Eg Suid-Afrikaanse ervaring op ‘n wynplaas bied ‘n unieke ontspanne ervaring vir elke toeris.
Hierdie dorpe is ook ruik aan kulturele erfenis. Die Paarl is gestig in 1687 wat dit die derde oudste nedersetting maak in Suid-Afrika. Nelson Mandela was jare later in die Drakenstein tronk vir sy laaste jare van gevangene. Dit is van hierdie tronk wat Mnr Mandela sy “long walk to freedom” voltooi het. Om voor die Drakenstein Korrektiewe Dienste te staan laat ‘n mens oorweldig voel,
Die Taal Monument reik uit bo die Paarl. Dit is opgerig in 1975 toe Afrikaans as offisiele taal aanvaar is. Die berg waar die momument geleë is, is asemrowend. Daar is staproetes deur Kaapse Fynbos en piekniek plekke om hierdie unieke wynland ervaring te geniet.
Wat sal die ‘n besoek aan die wynlande wees sonder ‘n wynproe? Die Paarl en Wellington het beide unieke wynroetes. ‘n Keur van Suid-Afrika se bekendste en lekkerste wit- sowel as rooiwyne is hier te proe en te koop. KWV Wine Emporium, die eerste kommersiële wynkelder wat terug dateer na 1918, is beslis ‘n besoek werd.
VEILIGE WYNPLAAS AKKOMMODASIE
CANA Vineyard Gastehuis is geleë op ‘n wynplaas tussen Paarl en Wellington. Dié luukse wynplaas met ‘n romantiese atmosfeer bied verblyf in die hartjie van die wynlande. Goeie sekuriteitmaatreëls word getref om ons gaste se veiligheid te waarborg. Bespreek nou vir ‘n heerlike wegbreek in Suid-Afrika – ‘n wynplaas atmosfeer met 5 Ster bederf en uitstaande diens.